symbolBraam Klopper Aanlyn Kalender Gesprekke oor Rou


find us
 
Gesprekke oor Rou
Praktiese raad vir mense wat treur

Hierdie CD bevat 15 gesprekke oor die mees algemene aspekte van rou waarmee die meeste mense worstel na die dood van `n geliefde.

Dit is geskik vir almal wat self iemand aan die dood afgestaan het, sowel as vir diegene wat net meer wil verstaan van die rouproses. Dit sal jou in staat stel om mense wat treur baie beter en meer sinvol by te staan.

Die gesprekke handel oor die volgende onderwerpe:

  • Dood is moeilik om te verwerk.
  • Mense sê: "Jy moet net sterk wees".
  • Daar is geen kitsoplossings vir rou nie.
  • Toemaar – jy is normaal.
  • Mense rou verskillend.
  • Trooswoorde word goed bedoel maar troos nie altyd nie.
  • Verlossing en verlies moenie verwar word nie.
  • Uitdaging een: Die werklikheid dat die persoon gesterf het moet deurdring.
  • Uitdaging twee: Daar is geen kortpad teen opsigte van emosies nie.
  • Realistiese herinneringe is belangrik.
  • Teenstrydige emosies is ook normaal.
  • Waar lê die troos dan?
  • Mooi beelde om die oorgang te beskryf.
  • Waar is ons geliefdes direk na hul dood?
  • Wat maak ek met my verwyte en skuldgevoelens?


Terug »