Braam is beskikbaar om op te tree as spreker by `n verskeidenheid van geleenthede wat wissel van enkele toesprake tot reekse sowel as toerustings geleenthede en werkswinkels.
Die volgende onderwerpe kan bespreek word:
- Hoe om iemand wat treur sinvol by te staan.
- Hoe die Rouproses werk.
- Hoe om iemand by te staan tydens `n egskeiding.
- Hoe om stres beter te hanteer.
- Waar is ons geliefdes na die dood?
- Die Huwelik tas mens se spraak en jou gehoor aan.
- Rooiligte in Verhoudings – Dalk moet jy nie met hierdie persoon trou nie.
- Wat is die verskil tussen die Christelike Godsdiens en alle ander Godsdienste soos Islam, Judaisme, Hindoeïsme en die Tradisionele Afrika Godsdienste?
- Enkellopendes
- Hoe sien ander jou?
- Hoe sien God jou?
- Hoe sien jy jouself?
- Die Tien Gebooie - God se riglyn vir enige en alle samelewings.
- Egskeiding - Sonde of keuse tussen twee verkeerdes.