symbolBraam Klopper Aanlyn Kalender Na `n Miskraam of Stilgeboorte
find us
 
Gesprekke oor Rou
Na `n Miskraam of Stilgeboorte

Die gemeenskap erken nie die erns en diepte van hierdie verlies nie. Hulle dink dit is nie so erg nie. Op hierdie CD word jy begelei om deeglik en toepaslik te rou oor hierdie groot hartseer.

Dit is geskik vir almal wat self die hartseer van `n Miskraam of Stilgeboorte beleef het, sowel as vir diegene wat net meer wil verstaan van die rouproses waardeur hierdie persone gaan. Dit sal jou `n baie beter begrip en insig gee in hoe dié rouproses verskil. Sodoende sal dit jou in staat stel om diegene wat treur baie beter en meer sinvol by te staan.

Die gesprekke handel oor die volgende onderwerpe:

  • Die gemeenskap erken nie hierdie verlies nie.
  • Dit is `n wesenlike verlies en moet betreur word.
  • Die onverstaanbaarheid.
  • Skuldgevoelens
  • Mans reageer verskillend.
  • Die besluit oor `n Begrafnis - Verassing - Roudiens.
  • Die positiewe waarde van `n Begrafnis - Verassing - Roudiens.
  • Routake wat jou kan help groei.
  • Vind troos in God se beloftes.
  • Moenie ander kinders in die duister laat nie.


Terug »